Thursday 3 May 2012

Sedertdien

Water! Water is lewe. Een van die heel lekkerste dinge op my skilder-spyskaart is om met 'n paletmes te verf en veral WATER. Daar is so baie moontlikhede. Hier is een van my kunswerke: die see iewers in ons mooi land, iewers in my verbeelding!



Sedertdien

Breek oor my soos branders
woel my wortels los,
word my stormseë
groei op my soos mos

Gooi my luike oop
brand 'n wierookkers
berei vir ons 'n ete
met note en met vers

Leef 'n lewe saam my
sing jou liefdeslied
koester al ons drome
niks is ooit verniet

Sluit nou oop my deure
trap jou spore vas
niks is meer dieselfde
as wat dit vroeër was

Elizabeth Kendall  ©

4 comments:

  1. Hierdie skildery is definitief een van my gunstelinge Elizabeth! Maar ek's mal oor AL jou seetonele! Pragtige skryfwerk ook!

    ReplyDelete
    Replies
    1. En ek is grootliks verheug omdat jy so blitsig reageer op hierdie Joernaal-inskrywing Maree, baie dankie!

      Delete
  2. Ek volg jou spore gewillig ... en as dit my deur branders neem soos nou, wil ek so verspot in die lug spring soos die skuim wat spat-spat-spat van die lem, en oor die golf gaan loer na agter!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Lekkerte!! Baie dankie Raaitjie...jou kuiertjie hier by die golwe word erg baie waardeer!

      Delete