Friday 18 May 2012

Die lewe


Tussen laas Maandag en nou
het baie dinge verbygegaan
en verander in onthou
maar vandag, vandag
het ek jou heerlik hoor lag
en ek het perde sien galop -
kloppetieklop
kloppetieklop
jou hand oor myne voel streel
toe ek jou bril skoon maak
(jy't gesê die wêreld lyk dof)
was dit die wasem
of was dit maar ons asem -
kloppetieklop
kloppetieklop
eendag sal die deure sluit
die amandelboom sal bot
die goue oliekruik
sal versplinter
en ons sal teruggaan
na die aarde toe
twee sepiafoto's in 'n raam
wie sal onthou wat is ons naam -
kloppetieklop
kloppetieklop

Elizabeth Kendall ©
(met erkenning aan die Prediker)

2 comments:

  1. Pragtig Elizabeth, beide jou skilderye en die woorde!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek waardeer jou inloer baie Maree, baie dankie!

      Delete