Wednesday 9 May 2012

Die eerste keer...


Gister was dit Naaldekokerdag: dié dag in die maand waarop lede van ons plaaslike VLU-tak bymekaarkom om dinge te doen wat vir ons lekker is! Ons doen dinge met ons hande en ons verstande...en kuier lekker saam in iemand se tuin of op iemand se groot stoep naby 'n oeroue akkerboom waarin honderde dorpsduiwe woon en spesiaal net vir ons sit en sing.

Ons het elkeen 'n kruis versier. Dit was vir my 'n heel eerste keer. Hierbo kan julle my wit-en-blou skepping aanskou! Ek het dit geniet om die paisley-agtige patrone daarop te verf...al bewe my hande ook so! 

Dit was so interessant om al die verskillende kruise te beleef: 'n houtkruis met growwe doringdraad om dit gedraai, 'n mosaïekkruis met netjiese steentjies in rye gepak, 'n kruis met noedels in krulle en draaie daarop vasgeplak....elkeen volgens eie smaak en fatsoen.

Die saamwees op 'n stil en rustige herfsoggend, die uitruil van gedagtes en belewenisse, mekaar aanmoedig en mekaar se geselskap geniet was alles deel van dié lekkerte. Hoe heerlik om op dié stadium van my lewe tyd daarvoor te kan hê!

En iewers tussen al die lekker deur het dié ou bekende woorde: "Ons moet in onsself sterf en die kruis opneem d.w.s wanneer die versoeking kom, moet ek my eie wil neerlê en swaarkry vir ‘n oomblik (my kruis opneem) en doen wat Jesus sou doen. Dus, ander belangriker ag as myself "... wéér kom vasskop in my gedagtes.. as ons dit maar net elke dag kan regkry.

4 comments:

  1. Het nou heerlik gelees aan hierdie lekker saamtrek-dinge wat julle doen Elizabeth! Jou kruis is pragtig en iets om op trots te wees!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Maree, jy is darem maar 'n ondersteuner duisend! x

      Delete
  2. So 'n saamwees is darem baie verrykend en mens behoort regtig moeite te doen om deel daarvan te wees. Ek het jou vertelling geniet en BHS weer so in my geestesoog beleef. Jou kruis is pragtig!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Irene, ek waardeer jou inloer hier sommer baie! Dankie vir die gawe kompliment. Die kruis is 'n kompetisie-artikel en ons sal nou maar kyk wat verder gebeur! Ons doen die interessantste dinge.

      Delete