Friday 18 May 2012

2010 se onthou...

Uit die hemel.

Dis naweek en Bellatjie gaan huis toe. Bo teen die ligblou hemel hang ‘n wit sekelmaantjie en glimlag vir ons.

By die hekkie groet sy met haar bekende rympie:
“Lekker bly Ouma! Droom van my, ek droom van jou, jy is in my hartjie!”

Haar bruin ogies vlieg hemelwaarts en pluk die wit halfmaan vrolik af: “Daar’s vir jou ‘n smile, Ouma!”

Ek kan nie ophou glimlag nie……..

4 comments:

  1. En ek glimlag saam Elizabeth! Wonderlike herinneringe wat niemand ons kan ontneem nie!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Niemand, Maree, niemand! Dankie dat jy kom lees het! x

      Delete
  2. En daai figure het so 'n vrolike wip in die boudjies!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Waardeer ek baie dat jy hier kom inloer het en ietsie moois gesê het Marie!

      Delete