Tuesday 29 May 2012

Nag




ek kon die stilte hoor
net die sleutels op die swart bord
wat saggies keel skoonmaak

'n dofgeluid van 'n ver-kar -

en verder niks

dis vroegherfs om my arms...
het vergeet om te onthou
dat dit dalk koelerig
hier voor tussen die verf,
die nat skilderye
en die baie foto's van naby-mense
gaan wees

sal ek die ou trui van my Pa
uit die kas haal en my toekokon -
so papie-beskut
aan hom vasklou
en met geslote oë
net bewus wees van sy nabyheid

en verder niks

Elizabeth Kendall ©

2 comments:

  1. Ek voel die verlange Elizabeth! Die Winter het mos daai uitwerking op mens... Pragtige worod en beeld.

    ReplyDelete