Friday 25 May 2012

Ghantang van my


druppels op die dak
grys wolke saamgepak

(waarom sou ek wou
ballades skryf oor jou)

dis jou warm binnehart
my wegkruipplek
teen wêreldsmart
dis die omgee-liefhêmens
wat in jou wese woon

jy met jou blymaakwoorde
wat my dag bekroon

dis jou humor en jou lag
jou kwinkslae onverwags
jou manwees, maatwees,
menswees -

jy

(daarom sou ek wou
lirieke skryf oor jou)

Elizabeth Kendall ©

2 comments:

  1. My gunsteling skildery! en die mooiste woorde Elizabeth!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Maree, bly jy het geniet en so gesê!

      Delete