Tuesday 8 May 2012

In Australië ....

....staan 'n verlate hoekpaal, 'n vriendin neem 'n foto daarvan en ek sien dit op facebook. Met haar toestemming skilder ek die toneel, die gras, die draad, die paal...en ek wonder watter verhale sou alles hier afgespeel het in die tyd wat verby is en in die tyd wat nog kom. 'n Ver en vreemde land en tog lyk dit so baie na die plaas waar ek grootgeword het, so bekend.  

4 comments:

  1. Hierdie skildery is 'n ware gunsteling Elizabeth, pragtig!

    ReplyDelete
  2. Jy het die atmosfeer met elke strepie perfek vasgevang Elizabeth, ekkke lief die kronkels en draaie van die geroeste draad! Gaan vir jou so stukkie geskiedenis rondom hierdie verlate dorpie aandra lief vriendin!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Raaitjie, ek het dié prentjie laat raam en dink gereeld aan jou in die ver land as ek dit sien! Sal bly wees om meer te hoor...

      Delete