Sy foon is byderhand. Op facebook stuur hy 'n boodskap. "Pieng!" sê my foon.
"Daar is drie van jou verse in haar spyskaart, sy en haar suster lees jou blog en lief jou verse."
Môre vlieg my ver-kinders weer huistoe. My hart ry skoppelmaai. Die Kaap is nie agter die eerste graspol nie. Ek waardeer my vriend se woorde. Ek waardeer Elsa en haar suster. Ek skryf dié mooiste storie nou op my blog. Ek dink mens noem dit omgee.