My liefde vir vetplante en kaktusse is besig om daagliks te groei. Om ’n vetplanttuin te maak is een lang heerlikheid. Vetplante verg so min aandag. Wanneer hulle blom, word jy ryklik beloon daarmee.
Hier is ‘n “Bishop’s Cap” of Astrophytum Myriostigna in blom. Een hele dag se vreugde!
Elke kaktus het ’n bekoring van sy eie. Kaktusse is inheems aan die Amerikas en word meestal in Mexiko, dele van Kalifornië en in droë streke in Suid-Amerika, Argentinië, Chili en Peru aangetref. Die Amerikaners beweer die swaeltjies het die saad na Suid-Afrika gedra.
Die “Eve’s needle” kaktus se naam is net so lank soos hy: Austrocylindropuntia subulata. Hierdie ou grote was ‘n paar jaar gelede net so lank soos my duim. Ek het dit in die grond gedruk en siedaar! Nou staan dit teen die muur en die lang dorings skrik voornemende skelms sekerlik af.
Vetplante en kaktusse wil volson hê vir die grootste deel van die dag. Hulle wil in goed gedreineerde grond geplant wees. Hulle is nie dorstig nie, maar daar is wel van hulle wat water moet kry anders krul hulle blare op. Te veel water laat hulle verrot.
‘n Vetplant wat my baie na aan die hart lê, is die Kalachoe thyrsiflora of plakkie. Hierdie een het sommer baie name: meelplakkie, geelplakkie, “Desert Cabbage”, “White Lady” of dalk die bekendste naam van almal: “flapjacks” soos in plaatkoekies. Dit is baie dankbare plante hierdie. Ek het besluit om hierdie plante oral in my tuin waar niks anders wil groei nie, te plant. Hulle benodig baie min water en moenie te veel kry nie, anders verloor hulle hul kenmerkende rooi randjie om die blare.
Die meeste vetplante is gehard en van hulle kan ryptoestande weerstaan. Hier by my is hulle in potte en sommer oraloor in die tuin geplant.
Hier bo is ‘n Sedum Rubrotinctum of "Pork and Beans". Hulle groei maklik en vinnig en is ook ‘n gawe grondbedekker. Hul blare word rooi as dit genoeg son kry.
Die meeste vetplante is groen, maar daar is ook ander skakerings van silwergrys, blou, room en rooi. Daar is van hulle wat in die somer groen loof het, en sodra dit begin winter raak, verkleur die blare na ’n rooi/roesbruin kleur en verkleur weer in die somer na groen. Dis regtig iets vir die oog.
Alle kaktusse is vetplante, maar alle vetplante is nie kaktusse nie. Wat is die verskil? Daar is ‘n belangrike botaniese verskil tussen die twee groepe nl. die aanwesigheid of afwesigheid van ‘n areool d.i. fyn haartjies aan die basis van ‘n doring. Slegs kaktusse besit die areool. Kyk gerus by jou vetplante of jy die haartjies sien. (Inligting: Wat is 'n kaktus en wat is 'n vetplant?)
Haworthia fasciata, ook genoem die zebra plant, is ‘n lus vir die oog. Sy fyn, vrolike blommetjies hang half weerloos aan dun stingeltjies. Ek het onlangs 'n hele klomp van hulle uitgeplant op 'n kaal stuk grond.
Hierdie “Old Lady” het my anderdag verras en ‘n babatjie gekry! Sy is toe nie so oud soos ons gedink het nie. Dis bedek met fyn, sagte, wit dorinkies.
Probeer vir jou ’n vetplanttuintjie aan die gang kry. Dink net, niemand hoef daarna om te sien as jy met vakansie gaan nie, want hul kan lank sonder water oorleef en as jy terugkeer, wag daar dalk ‘n goudgeel of ligpienk verrassing vir jou!

Daar is min dinge so lekker soos om groei en vordering te sien en veral as jy nie heeldag en aldag hoef te pamperlang nie. Hoe wonderlik is die natuur tog nie!
Maggies, watter wonderlike foto's en inligting Liz, ek het dit nou vreeslik geniet, pragtig! (Ek was nou die dag hier, het dit gelees en vergeet om kommentaar te lewer, ek was so opgewonder oor al jou mooi vetplantjies!)
ReplyDeleteBaie dankie Maree, ek is so bly jy het geniet en dit kom sê! Sal anderdag weer iets hier kom vasplak, kan my so verlustig in hierdie maklike en mooi plante !
DeleteLieflik verby!! Die inligting by elke pronkfoto soooo geniet. Dankie vir die deel Liza!!
ReplyDeleteEk is bly jy het geniet Raaitjie, baie dankie vir die mooi boodskap. Waardeer jou!
DeleteSjoe ek is lief vir 'n paar pragtige foto's hier en jou manier van verduidelik van dinge is fantasties. Seriuosly was mal daaroor!
ReplyDeleteBaie dankie, so bly jy het geniet!
DeleteDit was nou baie mooi. Ek is so bly oor die inligting wat ek heir gekry het.
ReplyDeleteBaie dankie vir die inloer en jou baie gawe kommentaar Marie! Ek waardeer dit baie!
Delete