Dis Sondag. Dis vyf uur in die oggend. My Brakkies-worshond slaap langs die bed op sy kussing, maar hierdie nag was nie 'n rustige een nie. Hy het kort-kort ore geskud. Soms sommer net regop gesit en die toekoms ingestaar. Bedremmeld. Ek kon sien iets pla. Nie geweet wat nie.
Dit was warm. Nà elke oreklap-sessie was ek vanselfsprekend wakker. Om dan maar weer in te sluimer. En weer wakker te word. Iewers in die diep, donker nag het hy "tip-tip-tip" oor die plankvloer paradeer, maar ek was toe ver weg in droomland en het hom nie gevolg nie.
Toe ek weer hoor, krap hy teen die bed se kant, al asof hy wil sê: "Mammie, daar het iets vreesliks gebeur!" Ek staan op, skakel die lig aan, helder wakker. "Brakkies, wat gaan met jou aan vannag?" Hy kyk my met sy mensogies aan. Sê nie 'n dooie woord nie. Ek strompel taamlik deur die vaak na die voorportaal.....daar lê dit! Ai tog.
"Ek het oorgekook!" het een van my Graad Eens op 'n dag gesê toe sy opgegooi het. Dìt was toe nou al die tyd die probleem. Ek sluit die deur oop en laat my liewe ou hondjie uitgaan. Die donker nag in. Toe maak ek maar skoon daar waar hy gemors het. Soos 'n goeie ma doen. Dit pla my nie in die minste nie. Hoe kan hy ook nou help? Hy is net 'n hondjie. Hy is my hondjie.
Nà die middernagtelike bedrywighede tree wonderlike rus en kalmte toe darem in en slaap ons heerlik tot.....vyf uur! Toe hy wéér ore skud. Dié keer net omdat dit lekker is om lang worshondoortjies te skud en nie omdat iets pla nie!
Nouja, sò het dié dag toe nou maar begin en nà my eie skriflesing-en-gebed opening het ek kans gesien daarvoor! Oudergewoonte kyk ek toe op RedBubble wat die jongste nuus daar is. Hoe heerlik.
Tori Yule, die gasvrou van Feminine Intent, stuur 'n boodskap dat ek hulle jongste erkende lid is. Tori woon ver oor die diep blou waters in Amerika, my hart klop warm blydskapkloppe hier in Bronkhorstspruit! Dankbaar. Star of the month is 'n altevolle lekker sterretjie om te wees! Dankie Tori, ek gaan jou waarskynlik nooit in my lewe ontmoet nie, maar jy het my dag lieflik ingekleur!
A river in Africa, een van my paletmes-skilderye. Wat 'n lekker verrassing!
"Life is a great, big canvas and you should throw all the paint on it you can!" Danny K.
Showing posts with label erkenning. Show all posts
Showing posts with label erkenning. Show all posts
Sunday, 12 January 2014
Sunday, 27 May 2012
Raakgesien
Tussen Montluçon en Aubusson
sit ‘n lenige, donker man
droomverlore en staar
na duisende kunswerke op die internet
sy kennersoog
val op ‘n abstrakte prentjie
wat vroegoggend opgelaai is,
gepos en geraam
(amper soos Ma se ingelegde perskes
van toeka wat op die spensrak staan
en almal se monde laat water)
amper so….net anders
en die man merk dit
met sy lang, dun vingers
as een van sy gunstelinge
en onder die bruin akkerboom
bokspring haar hart
en lê ‘n glimlag
in haar oë
want sy het mos maar net
in haar passie geglo
sit ‘n lenige, donker man
droomverlore en staar
na duisende kunswerke op die internet
sy kennersoog
val op ‘n abstrakte prentjie
wat vroegoggend opgelaai is,
gepos en geraam
(amper soos Ma se ingelegde perskes
van toeka wat op die spensrak staan
en almal se monde laat water)
amper so….net anders
en die man merk dit
met sy lang, dun vingers
as een van sy gunstelinge
en onder die bruin akkerboom
bokspring haar hart
en lê ‘n glimlag
in haar oë
want sy het mos maar net
in haar passie geglo
Elizabeth Kendall ©
Subscribe to:
Posts (Atom)