Showing posts with label red. Show all posts
Showing posts with label red. Show all posts

Friday, 10 November 2017

'n Rooi verrassing

Die “Eve’s needle” kaktus se naam is net so lank soos hy: Austrocylindropuntia subulata. Hierdie ou grote was ‘n paar jaar gelede net so lank soos my duim. Ek was bly toe ek dit by my Mareet-kind present gekry het. Ek het dit in die grond gedruk en dit het net aanhou groei en groei! 



Groot was my verrassing toe ek twee dae terug sommer so terloops boontoe kyk en twee lieflike blomme aan die bopunt sien. Dit is die heel eerste keer dat hierdie plant 'n blom maak. Ek gaan loer elke dag. Mooi bly maar mooi, al is dit onbereikbaar hoog teen die blou lug waar wit wolke vol beloftes hang. Ons bid almal vir reën. Die wêreld is droog. Droog en warm. 

Ek dink dit is hoekom my rooi blomme my ekstra bly laat voel. 




Common Names: Eve’s Needle Cactus, Eve’s Pin Cactus, Long Spine Cactus




Description

The branching, tree-like specimen grows to thirteen feet tall and about ten feet wide, with cylindrical deep green leaves. New growth does not have many spines, but as the plant matures yellowish-red spines develop on its tip. The Eve’s needle will rarely bloom in cultivation, but when it does, it produces long, coppery red, showy blooms. Its fruit is oblong with small spines. Use it in attractive containers, raised beds, and cactus gardens, as a showy specimen in atriums, or as an understory plant. This exquisite cactus is native to the higher elevations of Peru, Ecuador, Argentina, and Bolivia, where it is used and cultivated as a living fence.

Maintenance

This plant is fast-growing once established and requires minimal care. It is hardy from twenty-five to thirty degrees Fahrenheit. If it is damaged by winter frost, cut frozen areas to live wood and it will recover in the spring and summer months. The Eve’s needle needs full sun to light shade and well-draining soil. The plant prefers more water than most cacti, but do not water it as much during the winter months. It can be easily propagated from seeds and cuttings.


 Die volgroeide plant is al sy glorie. 

Sunday, 29 April 2012

My moedertaal

Soos ryp appels in my hande

wil ek die woorde van my taal

vashou en blinkvryf

knarsend kou en

luister na die klanke

helder, oop en mooi

so heerlik

appelbloedbloedrooi

my taal waarin ek troos

my taal waarin ek bid

dié taal wat kruisbeen

in my binnekamers sit

l