Toe my niggie kom kuier, bring sy 'n botteltjie peppadew-sous en 'n handvol daarvan saam: "Laat dit droog word en dan saai jy die pitjies." Ek luister mooi. Sy is immers een hele jaar ouer as ek. ;-)
Die klein, rooi peppadews lê in die houtbak op ons kombuistafel. Rustig. Nà 'n tyd is hulle verkrimp en vol plooie. Ek sny een vir een oop en saai die saad in die tuin en in 'n pot vol heerlike komposgrond. Nie lank daarna nie, verskyn die groen plantjies. Dié wat in die pot geplant is, is drie maal groter as dié wat sommer net so in die grond gaan lê het. Hulle groei egter almal na hartelus.
Ek verkyk my aan die vreemde plante.
Soos klokkies hang die groen peppas aan die stele. Dit word later rooi, maar voor dit gebeur, ontdek die voëls die lekkerny en kou yslike stukke daarvan af. Ek "red" hulle en gaan bêre dit in 'n mandjie in my kombuis om sonder steurnisse verder te verkleur.
Die kleineres laat staan ek en hou dit met 'n arendsoog dop, nie seker of dit wel voëls is wat wil saam eet nie. Op die internet lees ek dat hierdie interessante plant nie baie lank gelede hier in Suid-Afrika ontdek is deur 'n sakeman-en-boer in sy eie tuin. Dit lyk vir hom toe na 'n mengsel tussen rissies en tamaties.
Gingerly, he bit into one. It had a unique, delicious taste – a mixture of peppery and sweet, but with a distinctive flavor. Rightly believing that he had hit upon something really new, he saved seeds from the ripened fruit of the mother plant , cultivated the seedlings, developed the secret recipe with which to process the fruit and gave the processed fruit the name PEPPADEW® (they are obviously peppery but are as sweet and tantalizing as the dew).
Nouja, onnodig om te sê, ek is heel opgewonde oor die oes en sien uit na wat my inwonende kok alles daarmee gaan vermag. Hoe gelukkig kan 'n vrou tog nie wees nie!
En as jy dalk nie weet nie, dit proe glo heerlik op toebroodjies en in slaaie, saam met kaas of selfs gevul met kaas.....mens kan dit op enige manier geniet en verorber.