Ek wou dit gister al maak. Het klaar al die bestanddele gaan koop, maar toe ek tuiskom, onthou ek dat ek die spek vergeet het. Ag!
Hy sê toe, getrou aan sy sorgsaamheid en omgee, hy wil (en moet) dorp toe gaan. Elke keer as hy dit sê, is ek bly. Nie dat dit so opwindend is om dorp toe te gaan nie, enige-iemand kan dorp toe gaan, soveel maal as wat hy wil.
In sy geval is dit 'n egter 'n hengse prestasie. Hy bestuur self. Hy ry alleen. Hy lê nie meer hulpeloos en afhanklik op sy rug op ons bed nie. Hy word sterker by die dag. Prys die Here van hemel en aarde! Sing 'n jubellied!
Nietemin, ek maak toe dié mondwater en super-maklike gereg wat ek op Maree se blog raakgelees het, nà kerk. Hy sit onder die groenerwordende perskeboom en geniet die somerson op sy hande en arms, op sy gesig wat al meer en meer na Chris begin lyk. Nà 'n jaar en 'n maand lyk hy weer soos hy. Hoe wonderlik.
Geelwortels, seldery, uie, stukkies spek...... hmmmmmm!
Maalvleis bygevoeg, 'n glas rooiwyn....
Grand finale!
"It's you, it's you, it's you!"
En ons luister musiek, Joe Dolan, Bob Seger....
"Some day lady, you'll accompany me..."
En ons kuier. Net ons twee en die voëls en die honde.
DANKBAARHEID is een klein woordjie met so baie betekenis. Veral nou, veral vandag. Die mooiste Sondag.
Lewensvreugde
Pluk ‘n handvol drome
met sterre in jou oë
wys dat jy ook omgee
en aan liefde glo
hoor hoe sing die geelvink
die tiptol en
t’rantaal
dis agter uit die
berge
waar hul die fluit
loop haal
pak jou sorge in ‘n streepsak
lag en wees weer bly
sukkels lê mos agter
vandag is jy tog vry
blink jou oë van blywees
of buig jou skouers
krom
dink nie eers nog
eenmaal
gee alle eer aan Hom
lewe is mos lekker
kom leef nou saam met
my
bars ons uit ons nate
juigend-jubelbly
Elizabeth Kendall ©
Ditsit, Elizabeth.. deur jou woorde kon ek 'sien' hoe lyk Chris almeer Chris! Ek dink dikwels aan jou en julle! m
ReplyDeleteBaie dankie Marie, dis so lekker om jou hier raak te lees! Ek waardeer jou omgee baie.
DeleteDis wonderlik dat jy die resep probeer het Liz en dat dit so fantasties uitgedraai het! Dit lyk te heerlik vir woorde! En jy en Chris is 'n pragtige paartjie, my hart is saam met julle bly! Ek klink 'n glasie saam met julle!
ReplyDeleteDankie Maree! Gedeelde vreugdes is mos dubbele vreugdes!!
DeleteBeautiful photos! The food looks very good! :)
ReplyDeleteThanks so much Linda!
Delete