Friday, 25 May 2012

Bosvelddrome.

Waar haak-en-steek in louwarm
Bosveldstilte groei
en volstruise agie-grootoog
verby ons venster loop
daar trek my hart ‘n punt

Ek wil weer tarentale hoor
patrys en vink
wat slukke sonlig soggens drink
en by die groot maroelaboom
of langs ‘n kanniedood
wil ek die stofpad ruik
ek wil die appelblaar hoor praat
die huilboerboon se skadus
oor my skouers vou
in my verlang na jou

en saans onder ‘n sterrekombers
wil ek lê-luister na jou warm woorde
jou liefhêlied-akkoorde
ek wil dit vasbind aan my lyf
en jubelsange daaroor skryf



Elizabeth Kendall ©

I know a place in Africa
Where the mountains touch the skies of blue
And the valleys shelter vines of green
Where the trees spread out a cloth of mauve
And the bushveld wears a coat of beige.
Wayne Visser


4 comments:

  1. Sommer lus maak dinge hiérdie Elizabeth! Jou woorde beskryf die bosveld tog so mooi, kom ons gaan...?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Sommer nou! Baie dankie Maree dat jy bietjie Bosveldson kom soek het...

      Delete
  2. Thanks for posting an extract of my poem. The words match the photograph beautifully.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Wayne, your poem is beautiful, thanks for letting me post it here. And thanks for stopping by.

      Delete