"Life is a great, big canvas and you should throw all the paint on it you can!" Danny K.
Monday 30 April 2012
This is life!
Labels:
acrylic,
art,
blue,
commission,
elizabeth kendall,
kara kuryllowicz,
life,
painting,
paletteknife,
sea,
water,
wave
“You must live in the present, launch yourself on every wave, find your eternity in each moment.” – Henry David Thoreau quotes
Ons land
Labels:
country,
elizabeth kendall,
oil,
paletteknife,
south africa,
trees,
water
Waar soggens vroeg oranje-geel
die son oor gras en bosse streel
waar kierieklapper en karee
hul eenvoud skoon aan almal gee
het ek my hart toe wéér verloor
my liefhê-land, my siel bekoor…
die son oor gras en bosse streel
waar kierieklapper en karee
hul eenvoud skoon aan almal gee
het ek my hart toe wéér verloor
my liefhê-land, my siel bekoor…
deur leegtes en verbrande gras
oor heuwels teen 'n slakkepas
geluister hoe die wind deur oop vensters praat,
gesien hoe 'n kiewiet wip-wip na sy maat…
en altyddeur geweet:
my land is mooi, my land is goed
my land pomp deur my hart se bloed
Elizabeth Kendall ©
Sunday 29 April 2012
Uitgebid.
“As jy daai jaffel soek van gisteraand, ek het dit al klaar opgeëet,“ sê hy met ‘n vonkel in die oog. Ek kyk hom aan, kamstig emosieloos, speel-speel teleurgesteld tot in my diepste wese.
In die gang en teen die mure hang vrede en liefde op hierdie laatherfsoggend.
Toe gaan stort my man en los my voor die spieelkas waar ek jare se lag-en huilplooitjies probeer kamoefleer met ‘n nuwe botteltjie onderlaag laasweek by Clicks aangekoop.
My gedagtes vat koers na tye terug. Toe dinge nog so anders was. Ek bekyk myself in die spieel en dink aan hom. Dié man wat my oorlede pa vir my uitgebid het. Dié man wat nie my kinders se Pa is nie, maar hom soms verbeel hy is myne. Sorgsaam. Soos ‘n Pa. Sterk. Soos ‘n Pa. Soms vol geite ook maar. Nooit ongeduldig nie. Rustig. Soos ‘n rots. My rots. Myne. Altyd daar. Waardeer ek hom ooit genoeg?
Anderdag praat ek en ‘n vriendin oor mans. ‘n Man moet mens veilig laat voel stem ons altwee saam. As jy nie veilig voel nie, kan jy maar los. Veilig omdat jy weet hy sal saans seker maak al die deure is gesluit. Veilig omdat hy onthou dié dinge wat jy vergeet. Veilig omdat jy weet sy doen is beter as sy sê. Hy praat nie baie nie, hy doen baie. Hy kyk dat daar gereeld ‘n heerlike Fenjal vir my in die badkamer is, hy koop nuwe hondekos as die sak begin leeg raak. Hy weet wat in die wêreld aangaan. Mens kan hom na enige plek toe vat, hy sal weet wat om vir wie te sê en ook wanneer hy net niks moet sê nie. Dis wat so lekker is van hom. Mens kan hom vertrou met jou lewe, jou buie en jou drome.
Wie gee dan om as die laaste jaffel opgeëet is, ‘n uitgebidde man is ‘n aanwins in jou lewe, jou huis en veral in jou hart!
Elizabeth Kendall ©
Nag
Labels:
elizabeth kendall,
gedig,
nag,
sleutels,
stilte,
versie,
vroegherfs,
waterpaint
ek kon die stilte hoor:
net die sleutels op die swart bord
wat saggies keel skoonmaak
'n dofgeluid van 'n ver-kar
en verder niks
dis vroegherfs om my arms...
het vergeet om te onthou
dat dit dalk koelerig
hier voor tussen die verf
die nat skilderye
en die baie foto's van naby-mense
gaan wees
sal ek my Pa se ou trui
uit die kas haal en my toekokon
so papie-beskut
aan hom vasklou
en met geslote oë
net bewus wees van sy nabyheid
en verder niks
net die sleutels op die swart bord
wat saggies keel skoonmaak
'n dofgeluid van 'n ver-kar
en verder niks
dis vroegherfs om my arms...
het vergeet om te onthou
dat dit dalk koelerig
hier voor tussen die verf
die nat skilderye
en die baie foto's van naby-mense
gaan wees
sal ek my Pa se ou trui
uit die kas haal en my toekokon
so papie-beskut
aan hom vasklou
en met geslote oë
net bewus wees van sy nabyheid
en verder niks
Gestroop
Ek bewe binne maar U weet dit
my bewe dam op in my oë
tot daar waar twyfel groei tot glo
en ek my Vader in die Hemel bid:
weer vreugde in my hart te sit
Elizabeth Kendall ©
My moedertaal
Labels:
apple,
elizabeth kendall,
poem,
red
Soos ryp appels in my hande
wil ek die woorde van my taal
vashou en blinkvryf
knarsend kou en
luister na die klanke
helder, oop en mooi
so heerlik
appelbloedbloedrooi
my taal waarin ek troos
my taal waarin ek bid
dié taal wat kruisbeen
in my binnekamers sit
wil ek die woorde van my taal
vashou en blinkvryf
knarsend kou en
luister na die klanke
helder, oop en mooi
so heerlik
appelbloedbloedrooi
my taal waarin ek troos
my taal waarin ek bid
dié taal wat kruisbeen
in my binnekamers sit
l
Saturday 28 April 2012
Tuisgekom
Jou skouers is my vesting
teen vaal verdriet en seer
jou hande is die mure
wat stormskade keer
in jou hart is daar 'n holte
'n rusplek net vir my
waarin ek ewig-dankbaar
gewilliglik wil bly
Elizabeth Kendall ©
Digbundel: Huppel op die Hoogland
Labels:
afrikaans,
book,
elizabeth kendall,
first,
huppel op die hoogland,
poetry,
publish
Gepubliseer op 20 Augustus 2010. Die voorblad is een van my paletmes-kunswerke. Dankie aan almal vir jul ondersteuning op my skrywerspad. Alle eer aan my Skepper.
Wanneer 'n plaaskind wat baie geborge en veilig in 'n huis vol liefde grootgeword het, die lewe tref, verstaan jy nie altyd alles nie. Die lewe word 'n pelgrimstog deur driwwe en dale, oor hoogtes en ver verby horisonne.
Bittersoet lê hope herinneringe van 'n lewe geleef met oorgawe. Al die getye van menswees word in dié debuutbundel ontbloot.
Bittersoet lê hope herinneringe van 'n lewe geleef met oorgawe. Al die getye van menswees word in dié debuutbundel ontbloot.
Depicted here – my first published work, a book on Afrikaans poetry published on 20 August 2010 – truly a labour of love and a dream come true for me!
On the cover is a photograph of one of my own paintings – again, what a wonderful moment to enjoy the fruit of my labour captured in two memorable and lasting mediums. This is truly more than any artist could ever hope to aspire to.
May I take this opportunity to thank all who inspire and encourage me in my work – I am sure that many of you do not even realise that you are a part of this, but I thank you for all the special moments!
This work took approximately two years to complete, with the printing and layout taking exactly nine months – perhaps there is a special symbolism in the nine months, as to me this is truly the birth of something wonderful.
The book is available for sale. (you can mail me for more info)
Iewers
Labels:
art,
elizabeth kendall,
fisherman's cottage,
house,
oil,
painting,
poem
Ek droom van ‘n vissershuis
met ‘n rietdak
langs die bloudam
en ‘n goudgeel duin
waar die sand
deur my tone
bruinsuiker
die son
oor my kaal skouers
ramba en riel
en ek
skulpe optel
dit teen my oor hou
en toe-oog
dink
aan jou
met ‘n rietdak
langs die bloudam
en ‘n goudgeel duin
waar die sand
deur my tone
bruinsuiker
die son
oor my kaal skouers
ramba en riel
en ek
skulpe optel
dit teen my oor hou
en toe-oog
dink
aan jou
Elizabeth Kendall ©
Tortelduif.
Ou duifie by die waterbak
so rustig in ons tuin
jou liefhêliedjie ongestoord
laat sorge gou verdwyn
jou kom en gaan
so ongemerk
jou versie vrolik-bly
is deel van elke dag se menswees
"koe-koerr-doek, koe-koerr-doek"
só spesiaal vir my!
Elizabeth Kendall ©
so rustig in ons tuin
jou liefhêliedjie ongestoord
laat sorge gou verdwyn
jou kom en gaan
so ongemerk
jou versie vrolik-bly
is deel van elke dag se menswees
"koe-koerr-doek, koe-koerr-doek"
só spesiaal vir my!
Elizabeth Kendall ©
Friday 27 April 2012
Trees in waterpaint
Labels:
art,
elizabeth kendall,
poster,
tecnique,
trees,
waterpaint
I used thick waterpaint-paper, a black and white pen, water soluble pencils, a plastic bag to create the leaves, a hairdryer to dry wet paint quickly and lots of imagination!
'n Nuwe speelding!
Kreatiewe joernaal......ja dis wat dit is! Hier gaan ek speel en rinkink met verfstreep en ink. Jy is baie welkom om saam te kom kuier en koekeloer. Kreatiwiteit is mos beter as 'n mieliepap-ontbyt. As ek die dag nie kreatief was nie, voel my lewe soos 'n dorsland met doodgaansiekte. Stilsit en niksdoen maak my bitter gou moeg, moedeloos en uitgeput.
Dis laatherfs. Vandag is die mooiste dag. Die son lê in blink strepe en lag op ons grasperk, die dorpsduiwe vlieg kraakvlerk verby en fladder sagkens neer by die waterbak. Ek hoor 'n lyster wat sy maat roep. So 'n mooi dag vol vrede maak my binnewerke week en sommer ook meer liefdevol teenoor die hond, my man en my naaste.
The Wave
Labels:
art,
blue,
canvas,
elizabeth kendall,
joy,
life,
paletteknife,
water,
wave
“Life is a great big canvas, and you should throw all the paint on it you can.”
— Danny Kaye
— Danny Kaye
Hierdie paletmeskuns is absoluut 'n heerlikheid! Ek vergeet van alles as ek hiermee besig is. Dis net die reuk van verf, die saligheid van sielsgelukkige oomblikke en die wete dat ek bevoorreg genoeg is om Godgegewe talent te mag gebruik....en dis genoeg.
Subscribe to:
Posts (Atom)