Saturday 28 April 2012

Tortelduif.


Ou duifie by die waterbak

so rustig in ons tuin

jou liefhêliedjie ongestoord

laat sorge gou verdwyn

jou kom en gaan

so ongemerk

jou versie vrolik-bly

is deel van elke dag se menswees

"koe-koerr-doek, koe-koerr-doek"

só spesiaal vir my!

Elizabeth Kendall ©

2 comments:

  1. Kyk hoe pragtig! "koe-koerr-doek, koe-koerr-doek", só spesiaal vir my ook! Mooi geskryf Elizabeth en jou duifies os SO gelukkig om jou as ma te hê!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Maree, ek mis hulle SO as ons weggaan!

      Delete