Tuesday 3 July 2012

Gedigte en duiwe


My dag begin soos duiwe
wat pofveer neerdaal op die nok
en soos 'n warm sonstraal
al die weemoed
uit die winterkoue haal


Dis duiwesang wat aan my dak kom hang
soggens as die nag sy voorkop skoon vee
 en die dag sy grys stoppelbaard begin wys.


Elizabeth Kendall ©

2 comments:

  1. Dis die mooiste versameling van jou Kransduiwe Elizabeth! Die een waar hy sy koppie krap is tog te besonders! Lief jou woorde hierby, 'n waarlike wonderlike manier om die dag te begin!

    ReplyDelete
  2. Baie dankie vir jou kuiertjie hier by ons Maree! Waardering!

    ReplyDelete