Monday 16 July 2012

Winter



Oor ‘n wye, ysige vlakte
op ‘n plaaspad ver van hier
sing suidewind ‘n solowysie

al asof sy groete stuur

daar waar ‘n hek –
geroes, geanker
krom teen koue kaaltes hang
dui heiningpaal, verwese
lang verlore baasskap aan

‘n Sneeukombers strek oor die bulte
en weeskind wuif die veld -
Geloof was net ‘n stippel
in kommerharte vasgespeld

steeds sing suidewind so solo
en wag op weersiens bly -
tot eendag wanneer dié plaas
‘n baas en léwe weer sal kry

Elizabeth Kendall ©

4 comments:

  1. Met gister en vandag se yswind kan mens heeltemal assosieer hiermee ! Die skildery is stunning.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie vir jou welkom woorde, waardeer baie. Yswind beslis ja....een van die dae is dit weer lente!

      Delete
  2. Pragtrige winter-woorde by hierdie mooi skildery Elizabeth!

    ReplyDelete