6 Aug. Gistermiddag het ons onder die kaal perskeboomtakke gesit.
Dun vingers wat in die lug rond gryp bokant ons koppe. Ons het gepraat oor “wat as” en “waarheen” .
“Ons moet daaroor praat,” het jy ernstig gesê. Ek het my trane weggevee en geluister, al wou
ek nie.
Vanoggend lees ons saam Psalm 23: “Al gaan ek ook in ‘n dal
van doodskaduwee, ek sal geen onheil
vrees nie, want U is met my.” Ons hou hande vas. Ons bid. Ons weet ons
is nie alleen nie. Dié wete is ‘n krag-inspuiting, ‘n anker, ‘n troos.
Nà elke winter kom die somer. Mag ons sààm nog baie somers
beleef.
Ek het nie woorde nie Liz, en ek vou julle twee styf in my hart vas. Ek weet daar is troos in julle geloof en alles gebeur soos dit moet. Ons het nie beheer daaroor nie, mens kan net aanvaar, vrede maak daarmee en sterk staan in jou geloof dat alles reg sal wees. xxx
ReplyDeleteBAIE dankie liewe Maree. Dis waar. xx
DeleteWat julle het is so kosbaar xxxx
DeleteBaie dankie Grethe. xxx
Delete