Troos is ‘n vyfletterwoord -
 vyf  vingers aan  een hand
 een hand wat joune
vashou,
 één warm hand wat oor
jou skouer  kom vlerk
‘n toemaarkombers teen koue en pyn,
 fluister  vrede  en
vreugde
teen elke donker deurkosyn
Daar is troos in die warm boontjiesop 
wat jy vir ons maak as die koue deur die sleutelgat klouter
 en teen my bene kom
opklim…
Troos lê jou oë vol 
as jy my help onthou
 aan al die dinge wat
ek
so vreeslik vergeet
Troos is ‘n vyfletterwoord,
‘n koesterwoord
Troos is jy
Elizabeth Kendall ©

 
 
Sekerlik die pragtigste vyfletterwoord in die woordeboek Elizabeth, en jy toor daarmee!
ReplyDeleteSo baie dankie vir jou warmhartwoorde Maree. Waardeer baie.
Delete