Saturday 9 June 2012

Een van die heelmooiste woorde in Afrikaans, is die woord TROOS.



Troos is ‘n vyfletterwoord -
 vyf  vingers aan  een hand
 een hand wat joune vashou,
 één warm hand wat oor jou skouer  kom vlerk
‘n toemaarkombers teen koue en pyn,
 fluister  vrede  en vreugde
teen elke donker deurkosyn

Daar is troos in die warm boontjiesop
wat jy vir ons maak as die koue deur die sleutelgat klouter
 en teen my bene kom opklim…

Troos lê jou oë vol
as jy my help onthou
 aan al die dinge wat ek
so vreeslik vergeet

Troos is ‘n vyfletterwoord,
‘n koesterwoord

Troos is jy
Elizabeth Kendall ©


2 comments:

  1. Sekerlik die pragtigste vyfletterwoord in die woordeboek Elizabeth, en jy toor daarmee!

    ReplyDelete
    Replies
    1. So baie dankie vir jou warmhartwoorde Maree. Waardeer baie.

      Delete