Sunday 24 June 2012

Water

Water is lewe!


Of dit nou 'n rivierstroom is wat van die rante se kant af vloei en oor
baie bruin klippe kabbel,

of 'n skuimende golf wat wit kartels oor sagte seesand uitstoot


of voortdurend beweeg en lewe soos die see maar doen.

Soms vloei dit sag en rustig en vind 'n pad tussen geel-oranje en ligroos herfsbome,
 gesels-gesels gee dit lafenis aan elkeen wat verby mag wandel.
Dikwels hang blouwit wolke vol belofte bokant die aarde
om uiteindelik uitkoms te bring waar langdurige droogtes was.
Wilde branders breek in blou en groen, die krag daarvan ... ongetem.
Die ritme van die see, die sagvloei van 'n rivier, die kabbel van 'n bergstroompie...
alles, alles bly en is 'n wonder, geskep deur 'n God wat sorg en liefhet.
(Paletmes- en waterverfkuns gedoen deur Elizabeth Kendall ©

2 comments:

  1. Waarlik 'n pragtige versameling Elizabeth!En die mooiste gedagtes by elk...

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jy is 'n lekker mens om te ken! Baie dankie vir jou wonderlike woorde oral waar ek my werk uitstal, waardering daarvoor Maree!

      Delete