Soos gewoonlik het ek troos in die tuin gaan soek en dit in oorvloed gekry. Daar was troos in die bloedrooi vere van 'n rooikophoutkapper wat sy ontbyt op die boomstomp raakgesien en geniet het,
in die ratsheid van 'n ou klein glasogie wat van een tak na die volgende gewip-wip het,
die komieklike vaalgrys muisvoël wat plat op sy alie kom sit en die lemoenvreugdes vir homself gevat het
en die geelvinkie wat sy dors kom les het by die waterbak.