Van geslag tot geslag vloei dié liefde soos 'n sagte stroom water deur die are, dit lawe as mens moeg voel, dit troos as mens alleen voel. Dit salf enige gemoed. Dis inspirasie op sy beste. Dis tuinmaak!
Met die winter op hande, is daar min dinge so lekker as om 'n mens steeds te verlustig in die wonderwerke wat die natuur ons bied. Kom kuier saam in my eersgeborene se tuin....hier groei vetplantjies vol vrede en haar geliefde kat Kara vorm deel van die dekor...
Met die winter op hande, is daar min dinge so lekker as om 'n mens steeds te verlustig in die wonderwerke wat die natuur ons bied. Kom kuier saam in my eersgeborene se tuin....hier groei vetplantjies vol vrede en haar geliefde kat Kara vorm deel van die dekor...
Troos
Ek wil vir jou ‘n rietdakhuisie bou
 met woorde, keurig
uitgesoek
 met deur en vensters
wat kan sluit
 om rowers van jou
vrede uit te hou.
 ‘n Rystoel, waar die
sonlig val
 waar jy kan skommel,
tyd verwyl
 met boeke lees, of
rympies maak
 of sommer heeldag
oop-oog droom 
totdat jy weer teen skemer uur
 ‘n vetkers aan die
brand moet steek.
 Ek wil vir jou, diep
in ‘n bos
 ‘n kalm, knusse
skuiling skep
 waar niemand
ongevraagd oortree;
 met dennegeur en
voëlgesang
 as troos, totdat jy
ophou treur.
 ‘n Kruietuin plant ek
vooruit
 met roosmaryn en
wilde als
 hartkruid, wynruit en
soet jasmyn
 en knoffel om die 
bose te besweer.
 Ek wil hiermee dan
elke dag
 ‘n kruiedrankie vir
jou meng
 totdat jou lag weer
helder klink
 jou oë blink, jy fier
kan staan.
 Ek wil vir jou ‘n
sonstraal vang,
 dit stralend om jou
hoedband bind
 sodat, wanneer finaal
genees
 jy weer alleen, jou
weg kan vind.
Madeleine Spies Eilerd ©
 
 
Kroon jy my vanoggend op hierdie spesiale dag (en die son skyn nogal vir 'n verandering in troosteloos-koue Jozi!) Dankie, diep en nederig en uit die hart Elizabeth!
ReplyDeleteMadeleine Spies Eilerd
12 Mei 2013
Baie dankie vir jou mooi woorde hier Madeleine en dat jy nie omgee dat ek sommer net jou gedig hier kom "vasplak" het nie....dit het my aan die hart gegryp. Ek waardeer jou talent.
DeleteHoe wonderlik is die deel van tuinmaak net nie! Verkwik en inspireer altyd!
ReplyDeleteJy sal weet né Maree, dankie vir die vriendelike spore hier.
Delete