In die stilste uur van ‘n nanag
worstel en woel gedagtes onvermoeid -
klouter trippeltrap in my hartkamers
en laat die slaap wegkruipertjie speel
tussen gisters en môres……
dan vou ek my hande en sluit my oë
geboë
prewel ek in deurmekaar sinne
en vertel van alles binne
stort dit uit soos water –
en wag
vir die nuwe dag
Helend...
ReplyDeleteDankie dat hier kom lees het!!
Delete