ek kon die stilte hoor:
net die sleutels op die swart bord
wat saggies keel skoonmaak
'n dofgeluid van 'n ver-kar
en verder niks
dis vroegherfs om my arms...
het vergeet om te onthou
dat dit dalk koelerig
hier voor tussen die verf
die nat skilderye
en die baie foto's van naby-mense
gaan wees
sal ek my Pa se ou trui
uit die kas haal en my toekokon
so papie-beskut
aan hom vasklou
en met geslote oë
net bewus wees van sy nabyheid
en verder niks
net die sleutels op die swart bord
wat saggies keel skoonmaak
'n dofgeluid van 'n ver-kar
en verder niks
dis vroegherfs om my arms...
het vergeet om te onthou
dat dit dalk koelerig
hier voor tussen die verf
die nat skilderye
en die baie foto's van naby-mense
gaan wees
sal ek my Pa se ou trui
uit die kas haal en my toekokon
so papie-beskut
aan hom vasklou
en met geslote oë
net bewus wees van sy nabyheid
en verder niks
LIEF hierdie vers by die pragtige Herfs-skildery Elizabeth...
ReplyDeleteVreeslik dankie, jy maak my dag sommer pragtig Maree!
Delete