Op Woensdag 5 Maart het ek saam met Susan in die reën Pretoria toe
gery waar ons ‘n uitstalling moes gaan “bou” vir Pretoria Streek se konferensie.
Toe sy voor ons huis stop, het dit gesous.
Soos dit al sous van laas week af en nog steeds gaan sous tot Vrydag, sê die
manne wat weet. Ons was uitasem en natgereën toe alles uiteindelik in die motor
gelaai is. Chris het oral gehelp en my Brakkies-worshond het alles bekommerd
staan en bekyk agter die toe hek. Waar gaan sy Ounooi dan nou in die nattigheid
tog heen? Hy het so klein en verlore gelyk op sy bal-en-kloupootjies. Gelukkig
het ek geweet hy sou tevrede wees om by sy baas te bly en in sy warm bedjie te
lê en slaap en wag. Hagar, ons ou Labrador, het nie eers uitgekom om te kom groet nie, hy het van beter geweet!
Ons het heerlik gekuier en gesels op pad na Pretoria. Dit het een hele uur geneem om daar te kom, want die pad was nat en glad en ons was maar liewer versigtig.
Ons het heerlik gekuier en gesels op pad na Pretoria. Dit het een hele uur geneem om daar te kom, want die pad was nat en glad en ons was maar liewer versigtig.
Hier is die mooi kis, kamerverdeler en ander dinge wat uitgestal is.
‘n
Spierwit hekellap uit toeka se dae gee ons uitstalling sommer ‘n hupstootjie!
Pragtige porselein en doilies met kraletjies.
Ons kwilt
waaraan baie van ons taklede langer as ‘n jaar gewerk het, het ons spesiaal
gaan leen om ook weer uit te stal.
Toe het ons begin aflaai: ‘n trousseuakis, ‘n mat, ‘n kwilt, ‘n een-en-sestigjarige pop, (Marietjie, my pop wat my Pa my present gegee het toe en so vier, vyf was) gehekelde borslappies wat aan my tweeling behoort het, bloesies en porselein en doilies....wat nog? Dit moes alles deel van ons uitstalling wees met die tema: “Die vreugde van vrouwees”. Ons het dit so geniet!
Op ‘n stadium klim ons altwee bo-op die
staaltafels om die kwilt teen die muur gehang te kry. Benoude oomblikke, sê ek
vir jou! Ons is nie meer veertien nie. Ten spyte van die koel weer, was ek
papnat gesweet en beangs en het my Ma uit my jeugjare hoor sê:
“Sussa,
moet jy bo-op alles klim my kind, is jy ‘n ribbok?”
Gelukkig was daar genoeg hande wat kon help. Luitha
het die kunstenaar van die jaar, Laurika Rauch, se uitstalling gedoen en ons
het mekaar oral gehelp en mooi gemaak. Ek dink die kis en kamerverdeler het
baie mooi gelyk, wat dink julle? Mooi hout meubels is darem maar net ‘n
lieflikheid op aarde!
Links voor is die mooi en outydse
porseleinkoppies en doilies. Agter op die tafel waar my Marietjiepop sit, het
ons ‘n mooi gehekelde tafeldoek gegooi. Handsakke, skoene, handskoene en krale was
ook deel van ons uitstalling. Een van my skilderye moes die prentjie voltooi. Alles
dinge wat ‘n vrou sou kon vreugde gee!
Ons was tevrede toe ons werk klaar was.
Donderdag sou die konferensie plaasvind. Dié dag waarop net vier van my modem se liggies douvoordag
gebrand het. Ek het vergeet daarvan en gehoop dit sal alles weer reg wees teen
die tyd dat ek tuis kom. Oor die nuus het ons gehoor van Escom se probleme en
dat beurtkrag weer moontlik ons voorland gaan word.
In die kerk waar ons bymekaargekom het, was ons skaars aan die gang toe die krag afgaan. Dit was skemerdonker. Die streekvoorsitter, Lily Coetzee, het haar nie laat onderkry nie en ‘n mikrofoon wat met batterye werk, gebruik. Die klank daarvan was uitstekend!
Daar is baie trofeë uitgedeel en baie pryse gewen. Ek het weer onder die besef gekom van hoe knap en deugsaam ons vrouens is. Vaardig met naald en gare, wol en blomme. Talentvol. Wat almal moet weet, is dat die VLU nie net ‘n klomp tannies is wat naaldwerk doen en koekies bak nie. Daar is baie ander dinge wat ook gedoen word. Foto’s neem en prosa skryf is twee van dié dinge wat my baie naby aan die hart lê.

Ons het die konferensie baie geniet....ten
spyte van ‘n baie lang kragonderbreking. Die gaskunstenaars het geduldig bly
sit en gewag dat die krag moet aankom. Toe Johan Coertzen teen half een besluit
hy gaan nou maar a-capella sing, spring die ligte aan net toe hy die woorde:
“Dan moet ek JUIG!...my Redder en my God” sing. Hoe paslik. Miskien moes hy al
nege uur begin sing het!
Daar is baie trofeë uitgedeel en baie pryse gewen. Ek het weer onder die besef gekom van hoe knap en deugsaam ons vrouens is. Vaardig met naald en gare, wol en blomme. Talentvol. Wat almal moet weet, is dat die VLU nie net ‘n klomp tannies is wat naaldwerk doen en koekies bak nie. Daar is baie ander dinge wat ook gedoen word. Foto’s neem en prosa skryf is twee van dié dinge wat my baie naby aan die hart lê.
Luitha se rangskikking! (Gevorderd.) Daar was ook beginner rangskikkings en die tema was: Groen, groen, groen! Is dit nie pragtig nie?
Wie sal 'n deugsame vrou vind? Haar waarde is ver bo korale!
Vir dié wat nie weet nie, hierdie koek word 'n simnelkoek genoem.
Ons skakelbeampte, Petra Maritz, se album was ‘n oogfees! As ek ‘n beoordelaar
was, sou ek haar loshande ‘n eerste plek, ‘n medalje en ‘n vakansie in
Mauritius gee. Ure se werk het tussen die kleurvolle bladsye gelê. Al Van
Riebeeck se bedrywighede is hierin opgeteken en sal bewaar bly vir ons
nageslag.
Daar was genoeg om te bewonder en waardeer. Maryna Olivier het ‘n eerste prys losgeslaan met haar laphoed. Emma en Jolanda se bloese het ereplekke gekry, Yolande het eerste prys met haar foto van "Nuwe lewe" gewen, baie ander het ook trofeë en pryse gekry.
Hier sit Maryna, Luitha en Jolanda al heerlik en kuier!

Die skrywers van die jaar: Herman Charles Bosman en Deborah Steinmair, se werk en foto's is ook baie mooi uitgestal.
Die kleurskema was cherise en pienk en die tafels mooi gedek.
Hier sit Maryna, Luitha en Jolanda al heerlik en kuier!
‘n
Collage van gebeurtenisse: