Sunday 26 May 2013

My geveerde vriende

Gister was 'n vreemde dag: blydskap en hartseer gemeng. Goeie nuus en slegte nuus op een bladsy.
Soos gewoonlik het ek troos in die tuin gaan soek en dit in oorvloed gekry. Daar was troos in die bloedrooi vere van 'n rooikophoutkapper wat sy ontbyt op die boomstomp raakgesien en geniet het,

 
in die ratsheid van 'n ou klein glasogie wat van een tak na die volgende gewip-wip het,
 
 
die komieklike vaalgrys muisvoël wat plat op sy alie kom sit en die lemoenvreugdes vir homself gevat het
 
 
 en die geelvinkie wat sy dors kom les het by die waterbak.
 
 
 
 
 

2 comments:

  1. Ek's jammer Liz... maar dit maak nie saak waardeur ons gaan nie, daar is altyd mooi en troos êrens te vinde...xxx

    ReplyDelete
    Replies
    1. En daarvoor kan ons so dankbaar wees, ek weet jy is ook!! Dankie vir die inloer hier Maree.

      Delete