Sunday 12 May 2013

Die liefde vir tuinmaak

Van geslag tot geslag vloei dié liefde soos 'n sagte stroom water deur die are, dit lawe as mens moeg voel, dit troos as mens alleen voel. Dit salf enige gemoed. Dis inspirasie op sy beste. Dis tuinmaak!

 Met die winter op hande, is daar min dinge so lekker as om 'n mens steeds te verlustig in die wonderwerke wat die natuur ons bied. Kom kuier saam in my eersgeborene se tuin....hier groei  vetplantjies vol vrede en haar geliefde kat Kara vorm deel van die dekor...
 

 

 


 


 



 




 



 


 



 


 


 

 

Troos
Ek wil vir jou ‘n rietdakhuisie bou
 met woorde, keurig uitgesoek
 met deur en vensters wat kan sluit
 om rowers van jou vrede uit te hou.
 ‘n Rystoel, waar die sonlig val
 waar jy kan skommel, tyd verwyl

 met boeke lees, of rympies maak
 of sommer heeldag oop-oog droom
totdat jy weer teen skemer uur
 ‘n vetkers aan die brand moet steek.
 Ek wil vir jou, diep in ‘n bos
 ‘n kalm, knusse skuiling skep

 waar niemand ongevraagd oortree;
 met dennegeur en voëlgesang
 as troos, totdat jy ophou treur.
 ‘n Kruietuin plant ek vooruit

 met roosmaryn en wilde als
 hartkruid, wynruit en soet jasmyn
 en knoffel om die bose te besweer.
 Ek wil hiermee dan elke dag
 ‘n kruiedrankie vir jou meng

 totdat jou lag weer helder klink
 jou oë blink, jy fier kan staan.
 Ek wil vir jou ‘n sonstraal vang,
 dit stralend om jou hoedband bind

 sodat, wanneer finaal genees
 jy weer alleen, jou weg kan vind.
Madeleine Spies Eilerd ©



 



 



 

 

 

 

4 comments:

  1. Kroon jy my vanoggend op hierdie spesiale dag (en die son skyn nogal vir 'n verandering in troosteloos-koue Jozi!) Dankie, diep en nederig en uit die hart Elizabeth!
    Madeleine Spies Eilerd
    12 Mei 2013

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie vir jou mooi woorde hier Madeleine en dat jy nie omgee dat ek sommer net jou gedig hier kom "vasplak" het nie....dit het my aan die hart gegryp. Ek waardeer jou talent.

      Delete
  2. Hoe wonderlik is die deel van tuinmaak net nie! Verkwik en inspireer altyd!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jy sal weet né Maree, dankie vir die vriendelike spore hier.

      Delete