Saturday 23 November 2013

Somervreugdes

Die natuur lê my so na aan die hart. En dis nie net altyd die grootste en hoogste bome of die indrukwekkendste kranse en klowe of watervalle wat vir my die mooiste is nie. Loop ek net een maal om my huis en kyk na die eenvoudigste vetplantjie, kry ek al klaar 'n heerlike warm gevoel van vreugde in my hart. Dit beteken nie ek sou nie graag die hoë kranse wou bewonder het nie of langs 'n yslike waterval wou staan en luister hoe dit in die dieptes neerstort nie.

 
Kyk hoe skyn die lig deur die appelkoosboom se blare. Wat is lekkerder as 'n varsgeplukte appelkoos so van die boom af? My mond water alreeds net om daarna te kyk!
 
 
Weerloos wit blom een madeliefie by die fontein.
 
 
 Ek ken ongelukkig nie hierdie mooi struik se naam nie, maar elke jaar dra dit die fynste pienk blommetjies. Genoeg om my hart te verbly!
 
 
Granaatroos. 'n Mens sien dit nie meer so baie nie.

 
 Grasgroen mos teen die kareeboom se stam. En die klimop groei jaarliks meer geil.
 

                                Bloupers blom die agapante oral in die tuin. Somervreugdes!



Die kareeboom is al so lank deel van my lewe. Sy takke die tuiste vir vele geveerdes.
 
 
Jasmyn ! Die naam ruik alreeds lekker.


Vet vingertjies.
 
 
'n Baie klein en fyn blommetjie van 'n vetplantjie in 'n pot teen die muur....en in die agtergrond, die klippetuin en appelkoosboom.
Ek is dankbaar om hier te woon.
 

8 comments:

  1. Elizabeth, jy is 'n mooi mens - jou pragtige tuin is 'n stukkie Koninkryk!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Ester, wat 'n mooi kompliment om my dag mee te begin. Ek waardeer jou!

      Delete
  2. En my mond water ook nou vir daai appelkoos! Heerlik om 'n rukkie hier in jou tuin te vertoef en al jou vreugdes te deel Liz, pragtig!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Maree, as jy gou spring, kan jy nog 'n paar appelkose kom proe!

      Delete
  3. Mooi gedagtes en foto's! Ek loer net in om 'Hallo' te sê.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Kosie!! Ek waardeer dit so baie, dankie! Hoop dit gaan goed met julle. x

      Delete
  4. Jou pers-pienk struik met die mooi blomme, is 'n Hebe. Ek het ook een in my tuin, wat 'n vreugde. Hy (of liewer, sy) het verskillende varieteite van pienk tot spierwit. Ek geniet jou tuin foto's en stories baie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Erika, nou sal ek dit onthou! Baie dankie ook vir die mooi kompliment, bly as jy dit geniet! Mooi wense vorentoe.

      Delete