Saturday 22 September 2012

Skilder met koffie

Wie het gesê koffie is net daar om gedrink te word? Op RedBubble het ek eendag gesien iemand gebruik koffie soos verf....en skilder daarmee. Ek was onmiddellik geïnspireerd en het dit ook probeer! Hier is 'n paar van my koffie en potlood- of pensketse. Geniet dit!
 

Kaalvoet in die reën.
 

En sommer nog een: "Dancing in the rain!" Beide is verkoop. Ek is gewillig om kommissies te doen indien iemand sou belang stel....dis elke keer 'n uitdaging om hande of voete te teken, want maklik is dit nie. Ek het die koffie telkens hier net as agtergrond gebruik....en dit het sooooo lekker geruik!
 
 
"Trust."
Koerantpapier as agtergrond gebruik, heerlik gespeel!
Friendship is a single soul dwelling in two bodies. Aristotle
Coffee and newspaper background, Derwent Graphic HB pencil, Parker pen and black ink, white gouche paint on Acrylic Colour Pad 400gsm paper.
 


Wag / Waiting
 
Hierdie tekening het my laat dink aan jare gelede toe ons tieners was, toe liefde soms net bewondering was, toe bewondering nog nie in woorde gesê kon word nie......want ons was te skaam.
 
 
'n Stukkie Afrika....
 


 
 
 

2 comments:

  1. Hi Elizabeth, mal oor jou koffie en potlood werke. Wonderlik hoe mens iets uit niks kan maak nie, en ja hande en voete is mooilik, hall my hoed af jy het dit pragtig geteken. Danse in die reen ... klink so vrolik ... maar party keer kan mens huil en niemand kan sien, so ja ek garden maar in die reen so nou en dan
    Groete uit OZ Rina

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Rina vir die kuiertjie hier op my blad en lekker saamgesels!! Dis so waar wat jy sê....huil is soms ook nodig!! Mooi dag vir jou daar ver. Groete!

      Delete