Friday 27 April 2012

'n Nuwe speelding!

Kreatiewe joernaal......ja dis wat dit is! Hier gaan ek speel en rinkink met verfstreep en ink. Jy is baie welkom om saam te kom kuier en koekeloer. Kreatiwiteit is mos beter as 'n mieliepap-ontbyt. As ek die dag nie kreatief was nie, voel my lewe soos 'n dorsland met doodgaansiekte. Stilsit en niksdoen maak my bitter gou moeg, moedeloos en uitgeput.

Dis laatherfs. Vandag is die mooiste dag. Die son lê in blink strepe en lag op ons grasperk, die dorpsduiwe vlieg kraakvlerk verby en fladder sagkens neer by die waterbak. Ek hoor 'n lyster wat sy maat roep. So 'n mooi dag vol vrede maak my binnewerke week en sommer ook meer liefdevol teenoor die hond, my man en my naaste.

2 comments:

  1. veels geluk met hierdie pragtige blog Elizabeth! Ek sien uit na al jou 'kreatiewe griffels' en sal kort-kort inloer!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Maree! Voel nog vreemd, maar sal weldra die dinge onder die knie kry!

      Delete