Dis Sondag. Dis vyf uur in die oggend. My Brakkies-worshond slaap langs die bed op sy kussing, maar hierdie nag was nie 'n rustige een nie. Hy het kort-kort ore geskud. Soms sommer net regop gesit en die toekoms ingestaar. Bedremmeld. Ek kon sien iets pla. Nie geweet wat nie.
Dit was warm. Nà elke oreklap-sessie was ek vanselfsprekend wakker. Om dan maar weer in te sluimer. En weer wakker te word. Iewers in die diep, donker nag het hy "tip-tip-tip" oor die plankvloer paradeer, maar ek was toe ver weg in droomland en het hom nie gevolg nie.
Toe ek weer hoor, krap hy teen die bed se kant, al asof hy wil sê: "Mammie, daar het iets vreesliks gebeur!" Ek staan op, skakel die lig aan, helder wakker. "Brakkies, wat gaan met jou aan vannag?" Hy kyk my met sy mensogies aan. Sê nie 'n dooie woord nie. Ek strompel taamlik deur die vaak na die voorportaal.....daar lê dit! Ai tog.
"Ek het oorgekook!" het een van my Graad Eens op 'n dag gesê toe sy opgegooi het. Dìt was toe nou al die tyd die probleem. Ek sluit die deur oop en laat my liewe ou hondjie uitgaan. Die donker nag in. Toe maak ek maar skoon daar waar hy gemors het. Soos 'n goeie ma doen. Dit pla my nie in die minste nie. Hoe kan hy ook nou help? Hy is net 'n hondjie. Hy is my hondjie.
Nà die middernagtelike bedrywighede tree wonderlike rus en kalmte toe darem in en slaap ons heerlik tot.....vyf uur! Toe hy wéér ore skud. Dié keer net omdat dit lekker is om lang worshondoortjies te skud en nie omdat iets pla nie!
Nouja, sò het dié dag toe nou maar begin en nà my eie skriflesing-en-gebed opening het ek kans gesien daarvoor! Oudergewoonte kyk ek toe op RedBubble wat die jongste nuus daar is. Hoe heerlik.
Tori Yule, die gasvrou van Feminine Intent, stuur 'n boodskap dat ek hulle jongste erkende lid is. Tori woon ver oor die diep blou waters in Amerika, my hart klop warm blydskapkloppe hier in Bronkhorstspruit! Dankbaar. Star of the month is 'n altevolle lekker sterretjie om te wees! Dankie Tori, ek gaan jou waarskynlik nooit in my lewe ontmoet nie, maar jy het my dag lieflik ingekleur!
A river in Africa, een van my paletmes-skilderye. Wat 'n lekker verrassing!
"Life is a great, big canvas and you should throw all the paint on it you can!" Danny K.
Showing posts with label redbubble. Show all posts
Showing posts with label redbubble. Show all posts
Sunday, 12 January 2014
Tuesday, 17 December 2013
Dis tyd
Labels:
2014,
bekostigbaar,
elizabeth kendall,
foto's,
jaar,
kalenders,
kwaliteiet,
redbubble,
skilderye,
uniek,
verse
Die jaar snel ten einde. Ek dink hoe ouer 'n mens raak, hoe vinniger vlieg die tyd verby. Het ek dit verlede jaar ook gesê? Miskien. Dis weer tyd om 'n nuwe almanak aan te skaf. 'n Tyd om weer voor te begin. Ek raak sommer opgewonde daaroor. Wat is nou lekkerder as iets nuuts?
Desembermaand se bladsy is amper vol geskryf. Vol saamweesstories, vakansiestories.
Januarie wag vir sy verhale van "van vooraf begin". Teen Februarie druk die nuwe skoene nie meer nie en in Maart weet ons al mooi wat om met 2014 te doen.
Op RedBubble is daar 'n verskeidenheid van my selfgemaakte kalenders te koop. Klik op die skakels en kom kyk gerus.
Walking to the Light
Dis 'n kalender wat uit kunswerke bestaan, meestal olie en akrielskilderye. Landskappe. Skilderye wat met vreugde in die hart vervaardig is. Elke prentjie vertel 'n ander storie.
En soos die RedBubble mense sou sê: "Calendars can now start with any month, otherwise keep in mind January 2014 is approaching fast! The quality is excellent and you have the choice to turn your pictures into great prints for framing should you choose. You can select your own start month, and order right into the future. Everything about the calendar is brilliant, except you’ll have no excuse for missing your sister’s birthday anymore!"
Daar is net EEN van hierdie kalenders in die hele, wye wêreld. Regtig. Dis uniek. Dis Afrikaans. Dis foto's van my geveerde vriende en verse wat ek uit my duim gesuig het. Geniet dit!
Voëls en verse
En dis die waarheid: "RedBubble calendars are printed using marvellous futuristic technologies, so complex we can’t go into them here, but we can tell you they are lovingly printed on a luscious 200gsm satin art paper at the striking size of A3 "(that’s 297×420mm, or 11.69×16.54).
Hier is 'n vrolike kalender vir 'n kind se kamer.
Naïve Art Calendar
Klik op die skakel en kyk maar self. Miskien hou jy so baie daarvan dat jy sommer NOU een wil aanskaf.
Public price: $36.84. Kan direk van RedBubble af bestel word.

In the end, it's not going to matter how many breaths you took, but how many moments took your breath away.
Sunday, 30 June 2013
Uit die gemak van jou binnekamer
In Februarie 2010 sluit ek aan by RedBubble. Dis nou drie jaar en 'n paar maande later. Ek is nog steeds elke dag daar doenig. Nie net as gasvrou van 'n heerlike groep genaamd AFRIKAANS nie, maar ook om op gereelde basis van my eie kuns en foto's uit te stal en aanlyn te verkoop.
Die reël op RedBubble is, dat sou jy $100 verdien a.g.v. verkope op die blad, dit aan jou uitbetaal word binne 'n paar dae. Ek was al gelukkig genoeg om dié aardige bedraggie in Rand te ontvang. Dit gebeur natuurlik nie elke dag nie. 'n Mens moet geduld hê. Maar op 'n dag het jy alweer genoeg kaartjies, afdrukke en /of plakkate in verskillende groottes of soorte (fotografies, gemonteer, geraam of op doek) verkoop om jou volgende $100 in jou sak te hoor klingel. Hoe heerlik is dit nie om 'n e-pos te ontvang wat jubelende woorde soos dié bevat nie: "You've made a sale on RedBubble!"
Dikwels weet 'n mens nie eers wie jou werk gekoop het nie, maar soms kry jy 'n warmhart-boodskap van iemand ver oor baie blou waters...iemand wat gedink het jou werk is so mooi dat hy/sy dit wil besit. Dis 'n wonderlike gevoel. Dis genade. Dit maak mens bly en gee soveel bevrediging.
Hier is 'n paar voorbeelde van hoe 'n kaartjie lyk wat direk van RedBubble af gekoop kan word met die klik van jou muis. Hoe meer kaartjies jy koop, hoe goedkoper word dit. Ek het al dikwels van my eie kaartjies bestel en was nog nooit teleurgestel nie. Die wete dat daar nêrens op Moederaarde presies nog so 'n kaartjie is nie, is 'n baie lekker en bevredigende gevoel en dit verskaf hope vreugde om so 'n kaartjie aan iemand te gee met sy verjaarsdag of wat ookal die geleentheid sou wees.

'n Gemonteerde afdruk lyk so:
'n Doek (canvas print) lyk so:
en 'n "mounted print" sien so daar uit:
Bg. foto is in my tuin geneem. Twee rooiborsduifies wat geweet het hulle moet mooi stil sit en wag vir die klik van die kameraknoppie! ;-) Dis nie aldag maklik om mooi foto's van voëls te neem nie, maar soms is jy baie gelukkig. Hierdie foto was al benoem as WEG se "Foto van die dag", wat natuurlik vir my 'n groot aansporing was.
Op RedBubble kan mens ook almanakke koop. Hier is 'n hele paar voorbeelde van Kalenders wat ek uit my kuns /foto's saamgestel het. Die gehalte van die drukwerk is puik. Ek het al self twee maal daarvan bestel. Dis ook 'n baie gawe geskenk aan iemand aan die einde van 'n jaar.
Klik op die skakel as jy dit van naderby wil beskou: "My tree calendar"
In ons groep AFRIKAANS het ek en Maree Clarkson wat die tweede gasvrou van die groep is hope pret. Mense oor die wye wêreld heen stuur aan ons hul mooiste foto's, kuns of skryfwerk. Een maal per week gee ons erkenning aan die heelbeste werk en stal dit uit op ons voorblad . Ons het ook voortdurend uitdagings waaraan lede kan deelneem. Een maal per week gee ons erkenning aan lede wat uitstekende foto's /kuns na ons groep stuur. Hier is 'n voorbeeld van hoe sulke werk lyk: ERKENNINGS / FEATURES. Aan die begin van 'n nuwe maand kies ons een lid wat ons dan spesiale aandag gee en wie se werk uitgelig word sodat almal dit kan geniet. Ons jongste erkende lid was Carisma. Kom geniet gerus haar pragtige foto's van veral wildlewe in Afrika. Elke Vrydag soek ons ook na een besondere kunswerk en foto en noem dit dan Groot treffers / Big hits. Sulke aanmoediging is dalk net wat almal nodig het! 'n Hele paar lede van ons groep stuur gereeld Afrikaanse skryfwerk in wat ek ook in die Sondagsiestas gebruik.
Daar is ook op gereelde basis baie interessante en leersame Saterdaggeselsies / Saturday Chats wat deur Maree behartig word. Ek doen een maal per maand 'n Sondagsiesta wat my groot, groot vreugde verskaf. Dan soek ek die mooiste gedigte uit oral op fb-gedigteblaaie en ander webbladsye en stal dit saam met die pragtige kunswerke en foto's van ons lede uit. Die terugvoer wat ons kry is vir ons baie werd. Kom sluit gerus aan en deel in die vreugde wat die "Rooi Borrel" bied.

En nou is dit koffietyd..... dankie dat jy hier kom inloer het!
se mooi waterverfwerk: "Be a coffee drinking-individual, espresso yourself!"
Subscribe to:
Posts (Atom)