Friday 27 December 2013

Ek het al dikwels voorheen in hierdie straat gestap

En toe doen ek dit vanoggend weer. Daar was 'n goeie rede. Ons straat lyk feestelik. Dis Desember en al die "Pride of India"-bome blom in verskillende kleure van wit tot donkerpienk en dieppers. Vir my is dit een van die heelmooiste bome op aarde. Hul blomme gee soveel kleur aan die dorp se andersins doodgewone strate. Dié bome word omtrent twintig meter hoog, is gehard en groei maklik. Die nie net hul blomme wat so lieflik is nie, hul stamme is ook glad en vriendelik.


 Kom stap saam met my!


 Voor ons huis hang pienk trosse blomme.



Ligroos spatsels kleur tussen die blare van die karee en die silwereik. 




'n Entjie laer in die straat af, ligpers. 


Ligroos en wit, wit, wit...
















Dit het my onwillekeurig laat dink aan die mooi lied uit "My Fair Lady": On the street where you live 

Interessante feite: Pride of India

 Lagerstroemia indica (Botaniese naam) Skubliesroos (Afrikaanse naam) Pride-of-India   
Wat 'n voorreg om te kan sien en om te geniet!

4 comments:

  1. Jy laat my hart sommer pyn-lag van vreugde - oor jy die aarde so mooi laat draai, Elizabeth. God's rykste seën vir jou!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Ester, ek MOES dit net gaan afneem! Vir jou ook. x

      Delete
  2. Dankie vir hierdie heerlike uitstappie Liz! Sjou, jou voortuin lyk eksoties mooi! Julle straat lyk beter as Pretoria se Jakarandas!

    ReplyDelete